‘n Behoefte het ontstaan  vir alle oud – Nylies om te herenig, nie net sal dit vir Hoërskool Nylstroom Nylies wees nie maar ook vir enige persoon wat al in of deur Nylstroom was. Die inisiatief het begin by Gerrit Reesburg wat ongelukkig oorlede is, waarna Basi Botha gevra was om leiding te neem. ‘n Komitee is gestig wat bestaan uit: Waterberg Sakekamer bestuur,  mnr Anton du Plessis (hoof) en Alida van Heerden van Hoërskool Nylstroom. Lasting Legacy Entertainment is aangestel om die fees te organiseer en koordineer.

Reesburg het voor sy afsterwe reeds ‘n facebookblad vir elke jaar gestig waarop die entosiasme oorweldigend is. Volgens die reaaksie wat hy gekry het is ‘n verwagte syfer vir die fees van tussen 8000 en 10000 feesgangers bepaal.

Die fees sal oor n tydperk van 3 dae geskied op Hoërskool Nylstroom se terrein met ‘n baie diverse program om seker te maak daar is iets vir almal op die fees.

Alle fondse wat uit die fees gegenereer word sal terug geploeg word in die Nylstroom gemeenskap om armoede te verlig en te voorkom.

Hoofborg

Kliek asb om ons adverteerders te ondersteun:

“Like” en “Share” Asseblief

Koop nou jou kaartjies vir 15 Sep

Koop nou jou kaartjies vir 14 Sep

16 Sep Gratis Toegang